Thursday, October 4, 2007

Dit Raak Weer Winter

Note: This post is for all my friends in South Africa so don’t even bother to try and read it if you do not understand “the code” called Afrikaans.

Dit raak weer winter in hierdie plek so vêr van die huis af.

Ek gee nie juis om nie en pas goed aan veral met die Sweedse winter voorplantings rituele. Laat dit dan maar minus 25 grade celsius word. Ek klim glad nie uit die bed uit nie.

Laas winter besluit ek toe mos om die tieners ʼn ding of twee te wys. As hulle kan “snowboard” dan kan ek ook.

Fok die feit dat ek reeds 52 winters agter my naam het. Snowboard sal ek ry!

So gesê, so gedaan. Ons vertrek toe mos na die “slope” in Stockholm waar almal hulle Viking agtergrond uitlewe. Kinderjies wat skaars kan loop, ski jou uit die grond uit as jy nie goed oplet nie.

Ons vat toe die “ski-lift” op die “advanced slope” want vir wat wil ʼn boer nou sukkel met beginners se kak.

Bo gekom, “strap” ek toe hierdie gedoente aan my voete vas en met ʼn ”honderd meter se moer” begin ek my aftog.

Hou goed my balans en begin net die trippie geniet toe die gewaarwording my tref: ”Ek weet nie n fok hoe om te stop nie.” Heelaas te laat want ek was reeds halfpad af en het ʼn goeie snelheid bereik.

Al my geskreeu en raas in Afrikaans word geïgnoreer en in die proses is ek bo-oor ʼn mannetjie van so 9 jaar oud wat nie te vinnig was nie. Hy was neus eerste in die sneeu in en ek hou nog my balans en vaart.

Byna onder besef ek dat ek iets sal moet doen om nie moord te pleeg in die niksvermoedende skare wat wag op die ”ski-lift” nie.

Uit desperaatheid werp ek toe myself teen die grond neer en na so 15 meter se geploeg kom ek teen ʼn vriesende stop. Voor fok mense daai witgoed is hard!

Afgestof gaan drink ek toe ʼn bier en eers later bevind die doktor dat my sleutelbeen uit lid uit is.

Dit is derhalwe my weldeurdagte, goed nagevorste, slotsom dat sneeu iets is wat ʼn mens deur ʼn toe venster, voor ʼn magtige kaggelvuur, met ʼn goeie glas anti-vries in jou hand moet beskou.’

“Snowboard” se moer.

1 comment:

Anonymous said...

Nou wil ek net weet, waar is die FOTO! Dit klink vir my na iets wat 'n prys kon losgeslaan het!